Mobiele webwerwe op jou rekenaar?

Julie 6, 2009

Dis ‘n bekende feit dat webwerwe wat vir selfone geskryf is, veel kleiner en eenvoudiger is as gewone webwerwe wat hoofsaaklik vir rekenaars geskryf is. Dit was nog altyd ‘n begeerte van my dat sommige van hierdie mobiele webwerwe ook vir rekenaars beskikbaar moet wees. Gelukkig het ek die laaste tyd op sulke webwerwe afgekom.
Wordpress het ‘n oulike miniwebwerf, die wordpress.com gadget. Dit kan vanaf jou selfoon sowel as jou rekenaar besoek word by m.wordpress.com en bied jou die opsies om inskrywings op jou blog te plaas sowel as statistieke vir die dag en ‘n fasiliteit waar jy nuwe skakels op jou blogroll kan plaas.
Nog ‘n oulike webwerf is gmobile.sayni.net waar jy toegang tot jou Gmail rekening kan kry vanaf jou selfoon sowel as jou rekenaar. Dis maar net ‘n kleiner, makliker en eenvoudiger weergawe van die gmail waaraan ons aalreeds gewoond is.
Daar is ook Yahoo se mobiele dienste wat beskikbaar is by m.yahoo.com. Hier kan jy toegang verkry tot jou yahoo rekening waar jy e-pos en kitsboodskappe kan stuur. Verder kan jy ook padaanwysings kry, maar hierdie diens werk net in Amerika. Jy kan verder speletjies speel, websoektogte doen, inligting oor finansies kry en vele meer.
Laaste maar mnie die minste nie is daar ook Facebook se mobiele werf wat besigtig kan word by m.facebook.com. Dis maar net ‘n meer eenvoudiger weergawe van Facebook soos ons hom alreeds ken.
Ek is in my noppies oor hierdie webwerwe omdat dit goedkoper en verseker baie vinniger en eenvoudiger is om hulle vanaf jou selfoon sowel as jou rekenaar te besoek.

%d bloggers like this: