Vuvuzelas by sokker word fyn dopgehou

Junie 19, 2009

Daar is niks so ireterend soos ‘n klomp vuvuzelas wat gelyktydig en aanhoudend by ‘n sokkerwedstryd geblaas word nie. Die vuvuzela is ‘n soort plastiese trompet met net een noot wat gereeld deur sokkerondersteuners by wedstryde geblaas word sommer net vir die lawaaierige pret daarvan. Sommige mense, onder andere buitelandse spelers wat tans deelneem aan die Konfederasiesbeker Sokkertoernooi, het nou gekla daaroor en ons sokkerbase het nou belowe hulle sal die situasie fyn dophou.
Dis deesdae nie net by sokkerwedstryde nie, maar ook rugbywedstryde, waar hierdie nare goed gehoor word. Sommige rugby-unies het ‘n verbod geplaas op die blaas van vuvuzelas by hulle rugbystadions. Die sokkerbeheerliggame moet ook dieselfde doen.

One Response to “Vuvuzelas by sokker word fyn dopgehou”


Comments are closed.

%d bloggers like this: