Geluk julle bulle

Mei 23, 2009

Die Bloubulle het vriend en vyand verras toe hulle vanmiddag die Crusaders op Loftes Versveld gewen het. In die eerste helfte het die Crusaders sterk voorgekom, maar toe neem die Bulle beheer en kom met ‘n sterk aanval na vore en hou dit vol tot die einde.
Die Crusaders is voorwaar ‘n gedugte span. Hulle het al sewe keer die Super-rugby reeks gewen. Dit sluit nou die Super 10, 12 en 14 kompetisies in. Baie van ons Suid-Afrikaanse spanne het al erge nederlae teen hulle gely. Juis daarom is die Bulle se prestasie so besonders.
Sterkte met volgende naweek se eindstryd. Moet nou nie te oorgerus raak nie. Wen vanjaar weer vir ons die Super 14 beker.

%d bloggers like this: