Zimbabwe se lyding duur voort

April 29, 2009

Daar was Maandag ‘n interessante artikel op die webwerf van die Afrikanervolksparty. Dit was ‘n lesersbrief vanaf iemand wat kontak het met mense wat in Zimbabwe boer. Onder andere vertel die persoon hoedat die regering nog steeds voortgaan om boere te vervolg wat nie hulle plase wil verlaat nie. Die betrokke boer moet gereeld die polisie ontwyk om te keer dat hulle ‘n lasbrief by hom aflewer wat hom sou beveel om im die hof te verskyn. Hulle hoop om darem Woensdag die oes van die land te kry voordat hulle in Suid-Afrika kom kuier. Verder vertel die briefskrywer ook van die armoede en honger onder die mense, maar ook van die gees van omgee en mededeelsaamheid onder mekaar, ongeag ras of klas. Die betrokke boer se werkers het al vir hulle groente en mielies uit hulle eie klein landjies gebring. Sedert die eenheidsregering aan bewind gekom het, is daar nou meer vkos in die winkels beskikbaar, maar niemand aanvaar meer Zimdollars vir geld nie, maar verkies eerder buitelandse geld soos Amerikaanse dollars, Britse pond en SA Rand. Baie min mense het sulke geld. Dis baie interessant om te verneem dat die mense daar hoop dat Jacob Zuma hier aan bewind gaan kom sodat hy moontlik druk op Robert Mugabe kan plaas om sy huidige onverbiddelike beleid teenoor boere te verander omdat een van sy dogters met ‘n senior lid van die oposissie getroud is. Gaan kyk mens bietjie na die eenheidsregering van Zimbabwe, kom ‘n mens gou agter dat Robert Mugabe en sy generaals die hef nog steeds stewig in die hand het. Die MDC het nie veel seggenskap in die regering nie, al geniet hulle die uiterlike voordele daarvan om deel van die eenheidsregering te wees. Gaan Zuma wel druk op Mugabe plaas? Hy is ongelukkig bekend as ‘n politieke verkleurmannetjie wat sy gehore vertel wat hulle wil hoor. Wat hy egter in die praktyk gaan doen, sal ons maar nog moet sien. Die oorspronklike artikel kan besigtig word by http://www.afrikanervolksparty.org.za en daar is nog baie ander interessante artikels daar.

%d bloggers like this: