Opdatering: Verkiesing 2009

April 25, 2009

Die ANC het toe sy tweederde meerderheid net-net gemis. Hulle het egter ‘n volstrekte meerderheid van byna 66% gekry. Die DA het tweede gekom en COPE derde. die vrae wat ek in my vorige inskrywing gevra het, bly egter nog steeds staan. Die ANC het belowe dat hulle nie met die grondwet sou torring as hulle aan bewind sou kom nie, maar ons het alreeds geleer dat ons nie hulle beloftes te ernstig kan opneem nie. Anderdag het hulle belowe dat hulle nie die grondwet sou wysig om strenger beheer oor plaaslike regerings te verkry nie. Net ‘n paar dae later doen hulle dit tog. Verder gee die grondwet hulle alreeds genoeg magte om hulle huidige menseregteskendings soos verkeerdstellende aksie, grondroof en die vertrapping van ons Afrikaners se kultuur voort te sit. Die nuwe prisident, Jacob Zuma, word op 6 Mei ingehuldig. Ons sal maar moet sien wat gebeur. Kom ons hoop vir die beste.

One Response to “Opdatering: Verkiesing 2009”

  1. vuurslag Says:

    Die parlementslede word op 6 Mei ingehuldig. Jacob Zuma word 9 Mei ingehuldig.

    Like


Comments are closed.

%d bloggers like this: