Afrikaanse blogs op WordPress

April 22, 2009

Ek lees nou al vanaf middel verlede jaar Afrikaanse blogs, veral die blogs wat op WordPress is. WordPress webwerwe kan oor die algemeen maklik op selfone gelees word sonder dat mens van Google se mobiele internetdienste gebruik moet maak om die bladsye vir jou selfoon aan te pas. my eerste Afrikaanse WordPress blog wat ek gelees het, was feetjieland.wordpress.com. Ongelukkig staan hierdie blog al ‘n geruime tyd onaktief. Ek wonder wat het van die feetjie geword. Later het ek deur blogrolls meer bloggers leer ken soos Dellie, Eben, Johan Swarts, Pikkelik, Skoor en Andere. Alhoewel ek myself nog nie sien as deel van hierdie groepie bloggers nie, geniet ek hulle skrywes baie en voel hulle amper al soos vriende. My hartlike dank aan al julle dames en here vir al julle skrywes die afgelope paar jaar. julle verskaf hope genot aan al ons klomp daar buite wat moeg is vir die sensaiesoekery van die tydskrifte en nie DSTV kan bekostig nie. Doen so voort.

%d bloggers like this: