Nuwe predikant

April 19, 2009

Ons gemeente was vandag bevoorrreg om weer ‘n nuwe predikant te kon inhuldig nadat ons vir maande lank herderloos was. Dit was ‘n vrolike geleentheid en is goed bygewoon. Die nuwe predikant het ‘n kort maar kragtige intreepreek gelewer. Daar was ook soos gewoonlik heelwat seremonie daaraan verbonde en verskeie sprekers het toesprake gelewer. Hiermee wens ek hom alle sterkte toe met sy nuwe taak hier by ons. Mag die huidige kerkraad hom ook ondersteun en bystaan.

%d bloggers like this: