Spandeer tyd met jou mense

April 15, 2009

In hierdie onsekere tye besef ek al hoe meer die belangrikheid daarvan om meer tyd saam met ons geliefdes, familie en vriende deur te bring. Ons was Maandag bevoorreg om my oom en tannie by ons aan huis te kon ontvang, juis omdat hulle so ver bly en so min kan kom kuier. As alles goed verloop, wil ek later in die jaar weer na hulle toe gaan. Vir die meeste van ons is dit nie altyd moontlik om so ver te ry nie, maar ek glo tog dat ons ‘n punt daarvan moet maak om die moderne kommunikasiemiddels tot ons beskikking te gebruik om kontak met ons mense te behou. Ek self het die laaste tyd ‘n punt daarvan gemaak om meer te bel en sms-boodskappe en e-pos te stuur. Nog ‘n ding, as julle e-pos stuur, moenie net aanstuurpos stuur nie, maar maak tyd om self ‘n goeie outydse geselsbrief te skryf. Aanstuurpos is ook oulik, maar dit vertel nog nie vir jou geliefdes wat in jou hart aangaan nie. sal ons nog die geleentheid kry om reg te maak en ou bande weer te herstel as die groot krisis ons land ook tref?

%d bloggers like this: