Vyftig/vyftig, die gewilde televisieprogram oor die natuur en omgewingsake, gaan vanaf die kassie verdwyn nadat die SAUK nie die program se kontrak hernu het nie. Volgens die aanbieder, Johan Botha, sou die program ‘n ruskans geneem het tot Oktobermaand toe sodat kwessies rondom die kontrak uitgeklaar kon word. Die SAUK was die laaste paar weke baie stil oor die kontrak en die span van Vyftig/vyftig het vandag verneem dat die kontrak nie hernu sal word tot April volgende jaar. die SAUK BEWEER HULLE WIL DIE PROGRAM VOLGENDE JAAR WEER GEBRUIK OM MET sUID-aFRIKA TE SPOG WANNEER DIE GROOT 2010 SOKKERTOERNOOI HIER AANGEBIED word. Johan Botha is egter skepties oor die SAUK se benadering omdat dit ‘n ernstige ontwrigting vir die produksiespan is. Nou is hulle vir alle praktiese doeleindes werkloos. Omgewingsjoernalistiek is ‘n gespesialiseerde veld en mense soos hulle kry nie maklik op ander plekke werk nie. Omdat die SAUK se geldkrisis die onafhanklike produksiemaatskappye ook nadelig raak, is dit ook moeilik vir hulle om daar werk te kry.
Hierdie program het baie gedoen om mense op te voed oor ons ryk natuurlewe en ook diegene aan die kaak gestel wat ons omgewing bedreig het met hulle besoedeling en onverantwoordelike ontwikkelingsprojekte. Wie gaan dit nou doen juis in ‘n tyd waar veral mynbesoedeling aan die Wesrand geweldig toeneem?
Die laaste uitsending is geskeduleer vir 6 Julie.
Archive for Junie, 2009
SAUK-krisis laat gewilde tv-program sneuwel
Kragtariewe styg alweer
Evkom het vandag die groen lig vanaf die Nasionale Energiereguleerder gekry om sy kragtariewe met 31.3% te verhoog nadat hulle oorspronklik vir ‘n verhoging van 34% gevra het. Hierdie verhoging gaan verseker lewenskoste verder opjaag, nie net as gevolg van die duur krag nie, maar ook omdat besighede by wie ons goedere en dienste aankoop ook hulle pryse gaan verhoog. Ons mense sal nou natuurlik moet bespaar op die gebruik van toestelle wat swaar is op krag soos geysers, ketels, stowe en verwarmers. dalk sal my medewoernaliste ook maar die moontlikheid moet oorweeg om maar eerder vanaf skootrekenaars of selfone te blog.
Bloggers en boggers
Hoekom is sommige afrikaanse bloggers so geniepsig met mekaar? Ek kom gister op ‘n blog af hier op http://af.wordpress.com/ met die naam Fan van Leon Gatkramp, ‘n verwysing na die blogger Leon Croukamp http://leoncroukamp.wordpress.com/ wie nou die onderwerp is van hierdie spotters se blog. Hierdie geniepsige spotblog het verskyn as een van die top blogs van die dag op af.wordpress.com, ‘n webwerf van wordpress.com wat spesifiek vir ons afrikaanse bloggers daargestel is. Dit beteken dat heelwat mense gereeld hierdie nare blog lees.
Hierdie blog is nie die enigste wat die spot dryf met Croukamp en die bloggers van http://www.bosparra.com/ nie.
Ek stem ook nie saam met die manier hoe veral die bosparras te kere gaan nie, maar ek maak dit tog nie my lewenstaak om al die blapse en skandes van die bosparras op die internet te ontbloot nie. Ek los hulle doodeenvoudig uit en lees nie hulle blogs nie. Watter pret put die eienaars van hierdie spotblogs en diegene wat by hulle kommentaar lewer uit hierdie speletjie? Julle ouens kan mos julle blogtalente gebruik vir veel beter dinge. Los vir Leon Croukamp en die bosparras uit sodat hulle self kan voortploeter.
Nuwe ontstellende konsepwetgewing
Ek luister vanoggend na SA FM se program The editors waarin hulle die nuusgebeure van die week met ‘n paneel van nuusredakteurs bespreek. Naby die einde van die program noem Mnr. Gavin Stewart, een van die paneellede, dat daar tans konsepwetgewing voor die parlement dien wat die slagoffers van enige wvergrype of nalatigheid deur die staat se regte sal inkort om eise teen die staat in te stel. As jy dus die slagoffer was van enige vergrype of nalatigheid deur enige staatsinstelling soos die polisie, staatshospitale, pensioenfondse of enige ander departement sal jy nie meer so maklik die howe kan nader om ‘n eis vir skadevergoeding in te stel nie as hierdie wetgewing suksesvol deurgevoer word. Die volle detail van hierdie konsepwet is nog nie bekend nie.
Hierdie is veral ontstellend omdat die howe sedert 1994 al vele eise vir skadevergoeding toegestaan het waar een van die organe van die staat skuldig was. Dit sluit die polisie en padongelukkefonds in om maar net ‘n paar te noem. Mag hierdie wetgewing nie op die wetboek beland nie.
Vuvuzelas by sokker word fyn dopgehou
Daar is niks so ireterend soos ‘n klomp vuvuzelas wat gelyktydig en aanhoudend by ‘n sokkerwedstryd geblaas word nie. Die vuvuzela is ‘n soort plastiese trompet met net een noot wat gereeld deur sokkerondersteuners by wedstryde geblaas word sommer net vir die lawaaierige pret daarvan. Sommige mense, onder andere buitelandse spelers wat tans deelneem aan die Konfederasiesbeker Sokkertoernooi, het nou gekla daaroor en ons sokkerbase het nou belowe hulle sal die situasie fyn dophou.
Dis deesdae nie net by sokkerwedstryde nie, maar ook rugbywedstryde, waar hierdie nare goed gehoor word. Sommige rugby-unies het ‘n verbod geplaas op die blaas van vuvuzelas by hulle rugbystadions. Die sokkerbeheerliggame moet ook dieselfde doen.